Al wat saak maak, is dat God met jou lewe tevrede is. Sy goedkeuring is al waarvoor jy moet leef. (2 Korintiërs 10:18)
Een van die redes waarom ons onsself soms sal indoen om ander tevrede te stel, is omdat daar in elkeen van ons ’n deel is wat na die goedkeuring van ander soek. Kom ons wees eerlik, ons wil graag hê dat ander van ons sal hou en ’n goeie dunk van ons sal hê.
Nou sê die Woord vir ons iets anders. Dit sê … al wat saak maak, is dat ons God se goedkeuring geniet. Is dit nie ’n verligting nie? Die feit dat ons net aan Hóm verantwoording hoef te doen, neem sommer ’n groot klomp spanning en selfopgelegde skuldgevoelens weg. Hou dus op om te probeer om almal tevrede te stel. As jy dit doen, is die kanse in elk geval goed dat jy niémand gaan beïndruk nie … en ’n immer-ongelukkige mens bly.
Vra in elke situasie: “Here, wat wil U hê moet ek doen?” En wanneer jy Hom hoor, dóén dan wat Hy van jou verlang. Dis al wat régtig saak maak!
Help my, heilige Vader, om u goedkeuring te geniet.
Amen
Watter vertaling van die Bybel is hier gebruik?
Dagsê Barend
Dit is “Die Boodskap”-vertaling.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dankie Suné, ek sal maar liewer niks verder sê nie.