Gedagte vir die dag: Die gevoel van verwerping bekruip jou soos ’n dief

mense_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. (Psalm 8:5-6)  

Daar is ’n vrees wat ons baie versigtig, onverwags, stukkie vir stukkie bekruip en in ons nek begin blaas wanneer ons dit dikwels die minste verwag. Hierdie vrees word verwerping genoem. Dalk het dit reeds as kind begin met ’n gevoel van boetie of sussie wat altyd beter was of volgens jou meer geliefd was. Dan, skielik op ’n dag, besef jy dat jy as ’n volwasse vrou al vir baie lank leef met ’n vrees vir verwerping.

Ons as vroue het almal ’n behoefte om te voel dat ons aanvaar word, dat ons iewers behoort. Hoe dan nou gemaak as hierdie vrees in my nek bly blaas en my laat voel “Ek is nie goed genoeg nie” of “Ek behoort nie”?

Wanneer ons dan lees van die Samaritaanse vrou by die put (Joh. 4:1-39) en hoe Jesus ongeag enige vooropgestelde idees van mense of veroordelende opinies, uitreik na haar. Hy behandel haar met waardigheid. As ’n mens kyk na die konteks van die verhaal is een ding seker, en dit is dat Jesus onvoorwaardelik uitreik na ons en ons liefhet. Aan die einde het hierdie selfde vrou getuig van Jesus, die Messias wat waarlik leef en met haar as ’n Samaritaanse vrou gepraat het.

Jesus hef grense op van verwagtings wat deur die wêreld aan ons gestel word om te voel “Ons is goed genoeg” en kom sê vir ons elkeen: “My kind, in My en deur My en vir My is jy waardig en jy behoort aan My.” Dit is dan wanneer die vrees vir verwerping met die woorde van Psalm 8:5-6 oorwin word.

Dankie, Here Jesus, dat U my onvoorwaardelik liefhet en dat ek altyd aan U sal behoort. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Saintjordaan ·

Jammer oor die engels:
*[[Psa 8:5]] KJV* For thou hast made him a little lower than H430 ELOHIM, and hast crowned him with glory and honour.
Dis tyd vir waarheid

Pieter Grobler ·

Baie dankie vir die gereelde dagstukkies vir die dag. Ek bind dir baie opbouend en ondersteunend. Maar tog is daar n problem, dit is net vir vroue gerig, en ek will vra DAT versending na my asseblief be- eindig word. Baie dankie

OWO ·

Jammer dat jy die versending,beeindig Pieter.Weet jy dat,dit wat God, God maak,soos sy liefde,genade,geregtigheid,heiligheid,oordeel,kan netsowel deur ‘n vrou openbaar word.En wat Jesus as ons Verlosser betref,daar is nooit enige verband in die Bybel tussen sy manlikheid en sy verlossingswerk nie.God word dikwels vergelyk met ‘n ma in haar verhouding met haar kind, en ook met die sorg van ‘n vrou vir haar gesin.Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.