Gedagte vir die dag: God openbaar Homself

Heelal_Aurora-Borealis_Stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik  God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. (Romeine 1:20)

As God Homself nie aan ons geopenbaar het nie, sou ons nooit van Hom geweet het nie. God hét Homself egter geopenbaar! Die Skrif sê ons sien Hom in sy werke, byvoorbeeld in die grootsheid en ingewikkeldheid van sy skepping. Die natuur leer ons baie lesse oor die Skepper! God openbaar Homself ook op ’n tweede manier, naamlik deur sy Seun, Jesus Christus – God-met-ons. Christus, van wie ons in die Bybel lees, leer ons so baie oor hoe God is!

Ten slotte openbaar God Homself ook aan ons harte, deur sy Gees. Dáár beleef sy kinders Hom persoonlik en intens. Dis waar dat ons God nie kan verstaan nie, maar ons kan God kén. Trouens, volgens die Skrif kan elke mens die God ken wat alles gemaak het, wat na ons toe gekom het, wat in ons hart wil woon! Sal ons so ’n wonderlike geleentheid laat verbygaan? Leer God ken!

Drie-enige God, dankie dat U Uself aan my bekend maak as my Skepper, my Verlosser en my Vriend. Dankie dat ek U mag ken! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Soos die dogte gese het’ lig jou ken…en ken jou LIG…..dankie Here dat U in U grootsheid en almagtigheid moeite doen vir n sondaar soos ek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.