Gedagte vir die dag: God sal nie vergeet nie     

Vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar die behoeftiges sal nie vir altyd vergeet word nie; die magteloses se hoop  is nie vir altyd verlore nie. (Psalm 9:19, BDV)   

“Soms dink mense dat God hulle vergeet het, maar God sal nie en kan nie vergeet nie. Veral nie as dit oor “behoeftiges” of “magteloses” – soos Dawid hier sê – gaan nie. God staan juis by almal wat behoeftig is en op Hom staatmaak. Dis een van sy kenmerke!

Waarom moet ons dan soms so lank op Hom wag? Dink aan geloof as saad wat jy saai. As jy jou vertroue op die Here plaas, beteken dit nie dat daar dadelik ’n antwoord gaan kom nie. O nee, tussen die saaityd en die oestyd is daar verskeie seisoene. Dit lyk dalk asof daar niks op ’n gesaaide land gebeur nie, maar die werklikheid is dat so ’n land vol potensiaal is. Dinge gebeur wel, maar dis onsienbaar, onder die grond. Onthou, elke seisoen is nodig. Nee, God het jou nie vergeet nie, maar Hy wil meer met jou doen as wat jy dink. Saai solank geloof, want jy sal vir seker maai!”

Betroubare God, help my om getrou te bly glo. Ek wag getrou op u tyd. Dit sal kom! Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Wat n pragtige boodskap, nog nooit dit so gesien dat ons geduldig moet wag tussen saaityd en oestyd nie. Ons God bly getrou.

zandra ·

Baie baie dankie, nie net het ek dit op my hart geskryf maar
kan vandag ander inspireer met die pragtige boodskap
lekker naweek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.