Gedagte vir die dag:  God se wet

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie, inteendeel; deur die wet leer ’n mens wat sonde is. (Romeine 3:20)

Mense word nie van hulle sonde vrygespreek omdat hulle God se wet onderhou nie. Al wat die wet kan doen, is om vir ons te wys wat reg en wat verkeerd is, maar dit help ons nie om nie weer sonde te doen nie.

God se wet is ’n padkaart wat sy kinders wys hoe om te lewe. Net die padkaart van God se wet kan jou veilig deur die landmyngebied van die sonde laat beweeg.

Die wet is niks anders as die noodwendige vorm van die evangelie waarvan die inhoud die genade is nie. ~ Karl Barth

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.