Gedagte vir die dag: God sien jou eensaamheid

Kronkelpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie. Waarheen u ook al gaan, sal ek gaan. Waar u woon, sal ek ook woon.” (Rut 1:16a)

Beleef jy tye wat jy regtig eensaam is? Dae wat dit voel of ander mense, jou vriende en dalk jou kinders hul eie gang gaan?

Die verhaal van Naomi is eintlik verstommend. Sy verloor haar man en later albei haar twee seuns. Boonop was sy in ’n vreemde land weg van haar herkoms. So besluit sy dan ook om na haar eie land toe terug te keer. Vasberade om nie haar skoondogters te ontwrig nie, is sy vasberade om alleen die reis aan te pak. Maar dan lees ons hoe Rut voet by stuk hou dat sy saam met haar skoonma gaan. Daar trou Rut met Boas en eindig die verhaal so mooi wanneer ons lees dat Naomi haar kleinseun op haar skoot tel. God het op twee maniere voorsien: Haar skoondogter het lewensgetrou saam met haar gegaan en sy beleef die vreugde van ’n kleinkind. ’n Teken van nuwe lewe.

God kyk baie diep in mense se harte. Ook in joune. Hou vandag daaraan vas.

Alwetende, wees by my, asseblief. Ook daar waar niemand is nie.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat Rut as verhaal my leer oor n nuwe lewe…dat dit U dit moontlik maak…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.