Gedagte vir die dag: Here, Here

man_meer_bewolk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Waarom noem julle My “Here” as julle My nie gehoorsaam nie?” (Lukas 6:46)

Die term “Here” was in Jesus se tyd bekend aan die meeste mense. Dit is die Griekse woord kurios wat beteken “om mag te hê, om met outoriteit beklee te wees”. Dit dui op ’n heer of meester of koninklike heerser. Dit is ook die Naam wat vir die Here Jesus gebruik word.

Dit is interessant dat Jesus alreeds op aarde Here genoem is nog voordat Hy as Here bo almal gekroon is (Fil. 2:9-11). Die outoriteit en krag waarmee Hy opgetree het, het mense instinktief in hulle gees voor Hom laat buig.

Jesus het egter geen behoefte aan titels of rangtekens nie. Hy wil net ’n dienskneg wees. Vir Hom gaan dit nie oor sy posisie nie, maar oor die werk wat Hy kom doen het. Daarom vra Hy die vraag: “Waarom noem julle My ‘Here’ as julle My nie gehoorsaam nie?” Dit dui tog op ’n teenstrydigheid. As jy here, koning, heerser sê, beteken dit mos dat jy onder daardie persoon se gesag staan. Dan is jy mos onder die verpligting om sy bevele uit te voer. Dan moet jy doen wat hy sê.

Kom ons sê opnuut vir Jesus dat Hy ons Here is, maar kom ons wys dit ook deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.

Bron: Jesus se woorde vir elke dag deur Jan de Wet
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Retha ·

Baie dankie Maroela dat daar tussen slegte nuus nog goeienuus gereeld deur kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.