Hoe gemaak wanneer mense hoop verloor?

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) neem iemand elke 40 sekondes hul eie lewe en is die syfer die hoogste in hoë-inkomste lande. In ons eie land is hierdie statistiek ’n realiteit, nie net onder individue nie, maar ook in die vorm van gesinuitwissing. Daar waar mense geen hoop meer het vir hulself en hul familie nie.

Soos met die pandemie wat al nader aan elke huishouding gekruip het, so is dit ook die geval met sterftes wat met hopeloosheid gepaard gaan. Wêreldstatistiek bevestig dat mense nie hul vertroosting in finansies of beter omstandighede vind nie. Die pandemie het in ’n eerstewêreldland soos Brittanje gewys dat een uit elke vier mense aanlyn begin kerk luister het – ʼn duidelike uitroep na vertroosting en hoop.

In ons eie derdewêreldkontinent is daar vele meer uitdagings wat die mensdom kan aftrek en vernietig. ʼn Tekort aan infrastruktuur, fondse, werk, voeding, behuising en vele meer, maak die prentjie baie donker vir Afrika – die kontinent wat die vinnigste groeiende Christenlandskap ter wêreld is. En volgens navorser David Barrett en die Overseas Ministries Study Center is die aanduiding dat die getal Christene teen 2050 gaan verdubbel tot 1 miljard.

Sonder waarskuwing het ander mense se storie van swaarkry en verdrukking byna elke persoon se storie geword, want maak nie saak waar jy gaan nie, daar sien en hoor jy die impak van wanhoop. Die uitroep van mense oral oor na betekenis, troos en hoop is opsigself ’n opdrag vir dié wat wel hoop en vertroosting het, om uit te reik. Deur die eeue was daar nooit ’n boek wat naby die woord van God gekom het om vertroosting en hoop te gee nie.

Vir volgelinge van Christus lê ons troos, in uiters onsekere omstandighede, juis daarin dat ons toekoms verseker is by Dié Een wat in beheer is: Die Een by wie ons rus vind en wat alles in ons lewe betekenis gee. Maar wat van jou werker, vriend, familie of bure wat niks het om aan vas te hou nie? Hoe bly die mens wat sonder God is, staande?

Die nood om die goeie nuus van Christus vandag te verkondig, is baie groot. Hoe maak jy jou storie van geloof iemand anders s’n wat totaal verlate is? Die WordSpread Foundation wat in 2016 gestig is, het juis dit ten doel gehad om by mense uit te kom wat verlore is, deur mense soos jy wat ’n storie van geloof het om te deel. ’n Storie van geloof is soos brood van die lewe wat ons deel met ander sodat hulle ook die Ewige Lewe kan verkry en kan weet dat hierdie deurmekaar en ontstellende dinge van die wêreld slegs tydelik is.

Tot op hede is meer as 11 000 gelowiges in Suid-Afrika opgelei deur middel van ’n kort kursus, om hul eie storie van geloof te gebruik om uit te reik. Meer as 17 000 mense sal gesamentlik vanaf November tot Januarie volgende jaar in ander Afrika lande opgelei word soos Malawi en Uganda.

Om hierdie opleiding verniet beskikbaar te maak is ’n inisiatief genaamd Secret BookBox vroeër vanjaar van stapel gestuur. ’n Maandelikse inskrywing van R250 verseker nie net ’n gratis Christelike boek elke maand by jou voordeur nie, maar ook die geleentheid om persoonlike evangelisasie opleiding van ander Christene te befonds. Evangelisasie, tesame met dissipelskap, is die kragtigste maniere om die kerk te groei en te versterk. Dit is immers die opdrag deur Jesus self in Matt 28:19.

Al manier om te bou aan ewigheidswaarde te midde van teëspoed en verdrukking, is om mense na Christus te lei sodat hulle vertroos en verlig kan word en daardeur die kerk te help versterk en groei. Dis ons gesamentlike kans op ’n beter toekoms vir die mense van Suid-Afrika en Afrika.

Help ons om Christene op te lei om vissers van mense te word terwyl daar nog tyd is. Daar is nie ’n groter geleentheid as nou nie. Besoek gerus ons webwerf op www.wordspread.co en teken in op ons Secret BookBox-inisiatief of kontak ons per e-pos by [email protected]. Ons Christelike boeke kan mense om jou en in jou lewe bemagtig, versterk en inspireer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.