Gedagte vir die dag:  Hy gee vryheid!

Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus se antwoord was: “’Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die eerste en belangrikste opdrag. Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’” (Matteus 22:37-39)

Baie mense stoei vandag met geloof en vra vrae oor wat regtig die kern daarvan is. Miskien is dit nie anders as meer as 2 000 jare gelede nie. Ook tóé het sekere godsdienstige voorskrifte mense verwar en het menige wat nie deel van sekere tradisies was nie, uitgesluit gevoel. Dit was Jesus, God self, wat ons toe kom leer het en demonstreer het hoe sý weg lyk. Sy boodskap was eenvoudig en tog so kragtig:

  • Ons moet so lief wees vir Hom dat ons daagliks in en deur sy teenwoordigheid leef;
  • Ons moet onsself met goddelike liefde omarm soos Hy doen;
  • Ons moet die liefde wat ons deur Hom ontvang, ruimskoots uitdeel.

God vra net drie dinge van jou: Dat jy Hom met alles in jou sal liefhê. En deur Hom jouself en ander met genade, liefde en goedheid toevou. Hoe bevrydend is sy weg.

Verlosser-van-onsself, ek wil so graag my lewe op u liefde bou. Help my, asseblief.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Dis só kragtig.

Vader kom maak my só vol van U liefde dat ek nooit kan twyfel nie.

Amen

Luzanne ·

Amen! Net in U liefde Vader is daar vrede en vryheid. Alle eer net aan U!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.