Gedagte vir die dag:  Kom elke belofte na

man_stap_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As jy aan God ’n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. (Prediker 5:3-4)

Wanneer ’n mens in die noute is, maak jy maklik beloftes aan God. Maar wanneer dit later beter gaan, vergeet jy maklik daarvan. Só mag dit nie wees nie, skryf die Prediker. Wat jy beloof het, moet jy betaal. As jy nie daarvoor kans sien nie, moet jy niks belowe nie.

Kom altyd elke belofte na wat jy gemaak het, aan mense sowel as aan God. Dit is beter om niks te belowe nie as om ontrou aan jou beloftes te wees.

Die hoofspoor van die geloof is om ’n mens se hoop vir die lewe, jou hoop vir die toekoms, alleen op God en sy beloftes te bou. ~ IL De Villiers

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.