Gedagte vir die dag: Krag in moeilike tye

voels-veld-stiltetyd-fietzfotos.jpg

Foto: Fietzfotos/pixabay.com

In die wêreld sal julle dit moeilik hê. (Johannes 16:33)

Wonder jy hoekom dit so is? Kyk boontoe na jou hemelse Vader en sien hoe heilig en rein Hy is. Weet jy dat jy eendag soos Hy sal wees? Dink jy regtig dit sal maklik gebeur? Sal dit nie baie suiwering in die vuuroond van droefheid verg om jou te reinig nie?

Kyk dan om jou. Waar is jy? In vyandelike gebied. Die wêreld is nie jou vriend nie.

Kyk laastens tot binne-in jou eie hart. Sonde heers steeds in jou. Dan behoort jy probleme te verwag. Maar moenie moed opgee nie, God is by jou om jou te help en jou krag te gee. Hy het gesê: “In sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel” (Psalm 91:15).

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.