Gedagte vir die dag: Die kruis as die altaar

water-klip-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Met sy eie bloed en nie met dié van bokke en kalwers nie, het Hy net een maal die heiligdom binnegegaan en ’n ewige verlossing tot stand gebring. (Hebreërs 9:12)

In die Ou Testament het God sy volk toegelaat om diere te offer as versoening vir mense se sonde. In die antieke kultuur was dit ’n verstaanbare teken van berou en ’n manier om vir sonde te vergoed. Vir die Here het die offers egter nie soseer oor die bloed van diere gegaan nie, maar oor die feit dat dit vorentoe, kruis toe gewys het. Slegs as simbole van die Groot Offer het dit enige krag gehad. Daarna het die hele offerstelsel verval.

Eintlik is daar net Een Offer wat by God tel, naamlik dat Christus sy eie lewe vir mense se lewens kom ruil het. Ja, die kruis was die bloedigste altaar vir die volmaakste offer ooit, wat alle sonde volkome en finaal versoen het, maar ook die kruis het oor meer as die vloei van bloed gegaan. Ook die kruis was ’n simbool: van liefde en genade, van vergifnis en nuwe lewe. Dís waaroor dit vir die Here gaan!

Dankie, Here Jesus, dat die kruis die grootste liefde ooit bewys het. Dankie dat ek ook ingesluit was toe u lewe geoffer is vir die mens se sonde. As gevolg van die kruis is ek vry! Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ameli ·

Dankie Vader dat U Kosbare Seun Jesus Christus vir ons.aan die Kruis gesterwe het sodat ons die ewige lewe kan beërwe.

Wil net noem Maroela dat ek die meeste van die stukke van Jimi Le Roux hou wat jul deesdae vir ons gee, baie mooi woord , verduideliking en verstaanbaar

BOKKIEBEK ·

Dankie ewige ROTS, Kosbare Heer en ALMAGTIGE Vader , en Koning van ALLE Konings.. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.