Gedagte vir die dag:  Laat die son eers opkom  

gelukkig_uitgestrekte-arms_sonsopkoms_vreugde_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ’n veilige vesting, ’n skuilplek in tyd van nood. (Psalm 59:17)

In die nag is daar mense om Dawid se huis. Hulle is deur Saul gestuur, waarskynlik om te verhoed dat Dawid ontvlug, want Saul het Dawid gewantrou en gehaat. Dawid beskryf die figure daarbuite in die donker as “honde” wat om sy huis sluip en grom. Hy vra die Here om hom tog van sy vyande te red. Soos so dikwels eindig sy psalm, wat vol onheil en klagte was, dan op ’n jubelende noot. Sal ons ook leer om, as ons klaar gekla en gevra het, ons vaste vertroue in God te bely? In elk geval, nou is dit weer oggend en Dawid prys die Here, want in die daglig het die nag se bedreigings verdwyn.

Dis so tipies dat ons in die nag die donkerste gedagtes kan uitdink, maar in die dag lyk alles sommer beter. Ons moet tog nooit gevolgtrekkings in die (letterlike en figuurlike) nag maak nie – laat God se son eers daaroor opkom. Sien eers dinge in sý lig!

Here, as dit donker is in my lewe: Gee my geloof en gee my geduld tot die son weer opkom. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lena Jonk ·

Genade en Hoop as al waaraan ons moet vashou, dank aan ons Almagtige God vir dit wat vir ons nog daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.