Luister:  Griekwagebed –  Erfkjind

 namakwa_plaas_huisie-2.jpeg

Foto: Annelize Brits

Erfkjind

Psalm 16

Die Jirre hou my dag en nag dop,
en Hy pas my in Hy se skylte op.

Hoor, voor jille se asemse vetrek:
die Jirre se plek issie enagste plek!
Nou soek ek dies rondom my
wat vi altyd kan heilag bly.

’n Vreemde god se naam
lopie met my tong saam.
Solike ene se kollektes smyt
ek sommer byte inne strate yt.

Ek issie Jirre se eige erfkjind
dis Hy se beslyte wat my bind,
die meetlyn het mooi gemeet:
my erfgrond lê geil en breed.

Ek sal my blygeit wys,
en Hom innie nagte prys.
oorlat Hy my regop hou
assit smaak my voete vou.

My hart sing in my ribbekas,
my vleis klou anie bene vas,
ek issie die dood se hysie,
en vrot vretie my vleisie,
want my skoene vat
die Jirre se regyt pat.

Noulattie Jirre ons op niewe patte lei
hoor ek hoe jyg oorle Dam hie binne my.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.