Gedagte vir die dag: Moenie angstig wees nie

man-veld-boom-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. (Psalm 55:23)

Bekommernis kan sonde wees – selfs al is dit regverdig. Ons Verlosser het mense gereeld geleer dat ons angstige sorge moet vermy.

Die essensie van kommer is dat ons dink ons is wyser as God. Wanneer ons bekommerd is, stel ons ons in sy plek en probeer ons doen wat Hy beplan om te doen. Ons sukkel om ons laste te dra, asof Hy onwillig is of nie in staat om dit vir ons te dra nie. Angstigheid maak dat ons twyfel aan God se goedheid en ons liefde vir Hom koel af. Gevolglik sukkel ons met ons gebede, ons standhoudende voorbeeld word geskend en ons lewe begin om onsself draai. Maar as ons ons laste op Hom werp deur eenvoudige geloof, sal ons na aan Hom bly en teen versoekings versterk word.

Bron:  Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sandra ·

Dankie Liew Heer, dat U vanoggend my die stukkie laat raak lees het. Dankie dat ek weereens my probleme by U voete kan neersit soos ek altyd gemaak het, en die verligting van dit ervaar het. Maar ek het vergeet en wegbeweeg met my bekommernisse en heeltemal my eie ding probeer doen het om dit op te los. Amen

Maria ·

Ek is ook skuldig, ek wil alles beheer en watse groot sonde is dit nie, dankie Koning Jesus vir U groot genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.