Gedagte vir die dag: ’n Groot gerusstelling

see_strand_stiltetyd_Nedine-Blom.jpg

Foto: Nedine Blom

Here, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. (Psalm 139:1)

Die wete dat die gelowige kind van God deur die Skepper van die heelal ondersoek word, hoef geensins tot angstigheid te lei nie. Inteendeel, omdat die kind van God veilig voel by sy Vader en Hom volkome vertrou, is hierdie woorde ’n groot gerusstelling.

Die Here ken jou en weet waar jy tekortskiet, maar Hy weet ook van jou opregte strewe om sy wil te doen, van jou berou oor verkeerde dinge en van jou diepste behoeftes. Hy kan jou daarom help wanneer jy nie woorde het om te vra nie en wanneer jy onbekwaam voel om met Hom te kommunikeer. Jy kan veilig voel in die wete dat die God van die heelal jou deur en deur ken.

Heilige God, dankie dat U alwetend is en al my gedagtes ken. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

FM ·

Amen

Dankie Here dat U elkeen ken en elke oomblik in ons lewe teenwoordig is. Vader Seun en Heilige Gees

Voordat ek my gedagte formuleer weet U reeds wat dit gaan wees en dit is te groot vir my verstand

Charlotte ·

Dankie Hemelse Vader dat U my ken..
my sit en opstaan ..
my gedagtes…
U is met al my weë bekend…
Hemelse Vader…
deurgrond my en lei my op die beproefde pad om U Naam se ontwil.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.