Gedagte vir die dag: Passie

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal hulle harte verander en hulle gees nuut maak. Ek sal die harte van klip wegneem en vir hulle sagte harte in die plek daarvan gee. (Esegiël 11:19)

Is daar ’n behoefte wat voortdurend aan die deur van jou hart klop? Dalk ’n spesifieke bediening, of ’n saak waaraan jy voortdurend dink? Dit is ’n passie wat deur God in jou hart gesit is, iets waarheen Hy jou roep. As jy nie so voel oor enigiets nie, vra vir God om jou hart te versag teenoor mense wat Hy wil hê jy moet dien, en om jou ’n passie te gee om ’n behoefte raak te sien en daarin te voorsien.

Is daar iets spesifieks wat God in jou hart laat roer?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.