Gedagte vir die dag: Raak stil voor God

 Vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting. (Psalm 25:5)

Gebed is baie meer as om dinge van God te vra; dis ook stille meditasie en om jou lewe aan Hom op te dra.

Laat jou hele lewe vandag ’n gebed wees. Raak stil voor God, want daardeur word jou siel en gees gevoed sodat jou lewe ’n innerlike kalmte kan weerspieël.

Bron:
Vanuit die hart, eenminuut-oordenkings deur Steiner Rice H
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis ·

So waar!
Die lewe en sy gejaag raas so, ons raak afgestomp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.