Regstreekse gesprek: God, my geloof, die kerk en Covid-19

geloof_gesprek_maandag.jpgMet die afkondiging van die ramptoestand en afsonderingstyd in Maart het ons almal ons voorberei op drie weke van afsondering, en later ʼn bykomende twee weke. Kerke en geloofsgemeenskappe het positief gebly en vinnig planne gemaak om digitale dienste te hou en op ander maniere in kontak met mekaar te bly. Maar nou trek ons by week 8. Mense raak moedeloos. Hulle mis interaksie met ander gelowiges en gesamentlike aanbiddingsgeleenthede. Veral kwesbare groepe, soos mense wat nie toegang tot digitale platforms het nie en bejaardes, is besonder blootgestel daaraan om geestelik te vereensaam.

ʼn Studie wat gedoen is deur Nicolien Welthagen van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) toon dat 43% mense in die eerste drie weke van afsondering van mening was hul geloofslewe is positief beïnvloed. Teen week 4 was daar egter ʼn oorweldigende 61% wat aangedui het dat hul geloofslewe nou negatief geraak word deur die afsondering.

Boonop sien Christene onreg oral om hulle raak in die manier hoe kwesbare groepe hanteer word, korrupsie wat hoogty vier en regulasies wat vir politieke gewin deur beleidsvormers gemanipuleer word. Mense is kwaad, en met goeie rede.

Is dit tyd dat die kerk sy stem dik maak? En hoe maak ons, as Christene, ons stem dik sonder om te sondig? Wat sê die Bybel hieroor; binne watter riglyne/raamwerk kan ek in opstand kom teen dit wat ek om my sien gebeur?

Maroela Media se uitvoerende hoof, Susan Lombaard, se gaste in dié gesprek is ds. Janet Cruywagen, ds. Ronald Bain en Retief Burger. Cruywagen is leraar by die Valleisig NG-gemeente in Faerie Glen, waar sy spesifiek verantwoordelik is vir die senior bediening. Bain is predikant van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier in Orania, en Burger is ʼn pastoor by Every Nation-gemeente se kampus in Lynnwood, Pretoria, en ook ʼn bekende geestelike sanger en aanbiddingsleier.

Volg die regstreekse uitsending van hierdie gesprek op Maandag 25 Mei om 14:00 op Maroela Media se Facebook-blad. Die video sal ook onderaan hierdie artikel beskikbaar wees. Nooi gerus familie en vriende wat jy dink saam moet kyk.

Regstreekse gesprek: God, my geloof, die kerk en Covid-19

Met die afkondiging van die afsonderingstyd in Maart het ons almal ons voorberei op drie weke van afsondering. Kerke en geloofsgemeenskappe het vinnig planne gemaak. Maar nou, 8 weke later, raak mense moedeloos. Hulle mis interaksie met ander gelowiges en gesamentlike aanbiddingsgeleenthede. Veral kwesbare groepe, is besonder blootgestel daaraan om geestelik te vereensaam. Kom volg die regstreekse uitsending Donderdag 21 Mei om 14:00 waar Susan Lombaard met ds. Janet Cruywagen, ds. Ronald Bain en Retief Burger gaan gesels.Maak jy in dié tyd staat op Maroela vir betroubare, gebalanseerde nuus en gesprekke wat jou ingelig hou soos hierdie een? Maak 'n finansiële bydrae om Maroela te help om hiermee vol te hou. Besoek https://maroelamedia.co.za/donasies/ om meer te lees oor hoe jy Maroela kan ondersteun.

Posted by Maroela Media on Monday, May 25, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

losmyuit ·

Korona? Korona wie. Hier in Hermanus is daar geen sosiale afstand tussen die Zwelihle bevolking nie. Hulle het in die een deel van Zwelihle “lockdown” totniet verklaar. Word hulle vervolg? Nee, gladnie. Die blankes kry boetes soos ‘n vrou wat alleen is in haar kar sonder haar masker. Kom kyk Suid-Afrika en sien self hoe hier geen Korona is nie, maar die regering sê “sonder af”. Sonder af vir wat nie bestaan nie? Sonder af teen siek word? Sonder af! Waarvoor? Hier is die bewyse in Hermanus dat Korona ‘n foefie is waarvoor almal skrik, tot almal se nadeel.

Leonard ·

[Leonard van der Dussen] Die sogenaamde “regte”, bv die “reg van christene” is waardeloos en het geen staanplek nie. Die vraag is wat God se reg en Sy eer in hierdie sake is. Dis sorgwekkend as kerkmense in terme van menseregte praat. As ons waarlik begeer om saam te kom, is God ook by magte om die owerheid se hart te verander oor kerklike samekomste, en kan ons dit van God bid, maar dit is asof ons nie ten eerste daaraan dink om ons heil by God te soek nie, sodat hierdie gebed orals opklink nie, maar gesprekke voer oor wat christene (mense) se regte is en dan uit ‘n soort irritasie dat ons ingeperk word, optree.

Dit moet nie vir die gelowige oor persoonlike gerief en voordeel gaan nie: die vraag is hoe die stryd vir die waarheid van Christus en die koninkryk gevoer word. Dit moet oor die eer, die raadsplan, die ewige koninkryk en God se eer alleen gaan. Dis waaroor kerk gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.