Gedagte vir die dag: Sien jy die lig?

 son-lig-tonnel-stiltetyd-gallila-photo.jpg

Foto: Gallila-Photo/pixabay.com

Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het. (1 Petrus 2:9c)

Sielkundiges het ’n eksperiment gedoen deur ’n klomp rotte te neem, hulle in ’n drom met water te sit, die deksel op te sit en te kyk hoe lank hulle aanhou swem. In ’n tweede emmer het hulle dieselfde gedoen, met die een verskil: Hulle het ’n gaatjie in die deksel gemaak sodat lig daardeur kon skyn. Die interessante uitkoms was: Die rotte in hierdie drom het amper vier keer langer geswem as die rotte in die pikdonker emmer. Iets in hulle het instinktief bly glo dat daar lewe in die lig is.

Ons mensdom is niks anders nie. Solank daar nog lig is, sal ons die innerlike krag en moed vind om aan te hou, vas te byt … te bly hoop op ’n uitkoms. Dis wanneer ons alle hoop op lewe in ons donker wêreld verloor het, wat ons psige maklik tou opgooi. Ons ophou om regtig te léwe.

Jy het God – dié Lig – bo, langs en onder jou. Jy het die Een wat groter as jou grootste donker is, ín jou. Sien jy dié Lig?

Ek kyk op en weet: U ís ook mý lig.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir U die LIG wat helder skyn selfs in donker tye….open ons oe en ore Here…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.