Gedagte vir die dag: Soek blydskap

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die regverdiges kan vreugde verwag, maar goddeloses het geen hoop nie (Spreuke 10:28)

Ek is geneig om dinge te ooranaliseer. Ek ooranaliseer mense se motiewe en ek bepaal alle moontlike koste en gevolge van iets. Natuurlik weeg ek al die voordele en nadele teen mekaar op en ek soek wysheid en insig, en dit alles is goeie dinge. Maar soms maak ek die besluitnemingsproses vir myself onnodig ingewikkeld.

Mits ons denke nie in volslae selfsug of selfbevrediging ontaard nie, behoort blydskap (egte blydskap wat deel van die vrug van die Gees is) ’n deurslaggewende merker te wees wanneer ons oor dinge besluite neem. Vra jou af: Is ek bly oor hierdie geleentheid of opsie of verhouding of plek? Maak dit my regtig bly? Want Jesus se juk is sag en sy las is lig (Matt. 11:30), en die koninkryk van God is nie ’n saak van wat ons sal eet of drink nie, maar dit gaan daaroor dat ons ’n lewe van goedheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees sal geniet (Rom. 14:17). En dalk gaan dit ook daaroor om lig te reis, met die vryheid om die kaart opsy te skuif as God ons sou roep om dit te doen. Daarom hoef ons nie alles verder te kompliseer deur alles te ooranaliseer nie. Besluite kan regtig so eenvoudig wees soos om bly te wees daaroor.

Here, keer dat ek ondoeltreffend sal rondplas in die vlak water van ingewikkelde besluite. Help my om raak te sien waar die diep vreugde lê en verseker my van die vryheid wat ek in U het om daarin te duik. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Hallelujah ·

My Jesus ek bid vandag vir ‘n persoon wat U ken wat basies elke dag negatief is. Ek dra haar op na U toe en vra dat U haar hart net sal oopmaak vir vruegde. Vreugde en lag my Here. amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.