Gedagte vir die dag: Span jou in               

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. (Fil 3:14)

Oswald Chambers sê in sy boek My allerbeste vir Sy Hoogste: “Jy het nie die krag van die Heilige Gees nodig om op water te loop nie; jy loop instinktief, in opdrag of deur die adrenalien in jou op die water.” Petrus het op die water geloop sonder om daaroor te dink. Eers toe hy besef hoe hoog die branders is, het hy begin sink. Toe Elia vuur uit die hemel afgebid het, het God sy gebed beantwoord. In sulke situasies hoef jy jou nie in te span nie. Om die wedloop van die lewe enduit te voltooi, het jy beslis isibindi nodig, soos die Zoeloes dit noem. Hierdie woord beteken “moed” of “ywer”.

Dink weer aan die Comrades. Wanneer jy by Drummond kom, is daar nie meer omdraaikans nie. Voor jou lê ’n bult, en dis warm. Daar sit mense langs die pad, sommige in pyn, ander wat vir jou ’n geleentheid na die eindpunt wil aanbied. Dit is wan neer jy jou moet inspan. Dit is wanneer jy die woorde van die bekende Lance Armstrong moet onthou: “Pyn bly ’n dag by jou, maar om moed op te gee bly vir ewig.”

Moenie moed opgee in die lewe nie. Volhard deur die krag van die Heilige Gees wat tot jou beskikking is. Span jou in om die doel te bereik sodat jy die prys kan wen waartoe God jou in Christus Jesus geroep het.

Dankie, Here, vir die krag van u Gees wat my in staat stel om die wedloop hier op aarde enduit te hardloop en die oorwinnaarskroon te ontvang. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.