Gedagte vir die dag: Sy genade sluit ín!

Reenboog_natuur_uganda_Stiltetyd_Marco-Brits.jpeg

Foto: Apoka Lodge, Uganda (Marco Brits)

Jesus se antwoord was: “Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees.” (Lukas 23:43)

Dalk worstel jy met iemand oor wie jy dink: Ken hy/sy Christus regtig? Is hy/sy gered? Jy mag dalk selfs wonder of iemand wat gesterf het en nie noodwendig ’n toonbeeld was van kind-van-God nie, gered is al dan nie. Onthou:

  • Niemand van ons kan sê wie gered is of nie. Ons het – ondanks mense se lewens – nie ’n idee wat in hul harte aangaan nie. Net God weet regtig.
  • Ons kan natuurlik vir ander mense bid en ’n voorbeeld stel, maar hul redding? Dít moet ons aan God oorlaat. Hý weet hoe, waar en wanneer om daardie mens se hart te raak.
  • Ons Here kan self enkele minute voor iemand se dood, sy vergifnis oor hom/haar uitstort en hulle deel van sy koninkryk maak. Hoe anders sou die moordenaar aan die kruis in die paradys wees?

God se insluitingsgenade is baie groter as sy uitsluiting. Ons gaan dalk eendag meer as net verras wees oor wie deel is van sy koninkryk. Tot dan: Kom ons bly – sonder veroordeling – bid vir alle mense.

Dankie dat U alle reddeloses red. Ook vir mý.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.