Gedagte vir die dag: Tel jou kruis op

sonsopkoms_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis opneem en agter My aan kom. (Markus 8:34)

Daar is altyd ’n prys om te betaal wanneer jy vir Jesus volg. Dit het Jesus immers sy lewe gekos om jou te red. Die besluit om vir Jesus te volg, is ’n ernstige besluit. Die Here sê jy moet jou kruis opneem.

Die kruis is die simbool van die Christelike geloof, maar dit is soveel meer as ’n mooi ornament teen die muur of ’n hangertjie om jou nek. Die kruis is in werklikheid die simbool van lyding, want Jesus het met sy lewe betaal sodat ons die voorreg kan hê om sy volgelinge te wees. Jesus sê ons moet bereid wees om ons kruis op te tel as ons Hom wil volg.

God weet watter kruis ons moet dra, en ons weet nooit werklik hoe swaar iemand anders se kruis is nie. Ons beny mense wat ryk is, wat ’n goue kruis vol edelstene dra, maar ons weet nie hoe swaar dit is nie. Ons kyk na iemand anders se lewe wat so maklik lyk, na mense wat ’n kruis vol blomme dra. En tog, as ons die een kruis ná die ander sou optel omdat ons dink dit is ligter as ons eie, sal ons besef ons sal nooit ’n kruis kan vind wat beter by ons pas as ons eie nie.

Moet dus nie besorg wees oor iemand anders se kruis nie; dra liewer jou eie. Dra dit met waardigheid, met trots en volharding en, bowenal, dra dit met die liefde wat jy vir Jesus Christus het. Beskou ander mense as belangriker as jouself. Help dié wat moeg is en ’n swaar las dra, en die Here sal vir jou meer gee as die krag wat jy nodig het om jou kruis te dra.

Bron: ‘n Mosterdsaad deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.