Tieners gevonnis vir die Evangelie en gered deur gebed

Foto verskaf deur Geopende Deure

Gebed is een van dié belangrikste aspekte in enige gegewe situasie van ‘n gelowige se lewe. Dit is ons manier om met God te kommunikeer, om ons hart en ons bekommernisse te deel, in goeie en slegte tye. Die Bybel leer ons ook om vir mekaar te bid, vir ons naastes, ons familie, maar ook vir alle gelowiges oor die wêreld – selfs die wat ons nie ken nie. Efesiërs 6:18 sê, “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. “

Hierdie Bybelse openbaring en die vrugte wat dit kan lewer, is duidelik in die verhaal van Eden* en haar vriende, wat Hom aanhou volg het ten spyte van die prys wat hulle moes betaal …

Eden (17) woon in Ethiopië, sy en haar vriende het die Here liefgehad en hulle het die Evangelie van Jesus onbevreesd en onbeskaamd met baie mense in hul gemeenskap gedeel, in privaat en in die openbaar, in sonskyn en in die stortende reën. Hul passie is egter nie goed ontvang deur die teenstrydige godsdienstige leiers ​​nie, en alhoewel die meisies minderjarig was, is hulle sonder ʼn verhoor in ‘n Ethiopiese tronk gegooi. Hier het hulle baie gruweldade ervaar … maar wonderbaarlik het hulle steeds voortgegaan om die Evangelie te deel.

Gelowiges reg oor die wêreld het van hulle saak gehoor en terwyl hulle in die gevangenis was, was daar ʼn wêreldwye oproep tot gebed; vir die Here se beskerming vir die brawe meisies en dat geregtigheid sal geskied. Ná drie maande is hierdie dapper, jong gelowiges vrygelaat.

Geopende Deure is ʼn internasionale organisasie wat, deur gebed en ondersteuning van mense reg oor die wêreld, Christene ondersteun wat vervolg word vir hulle geloof. Geopende Deure het Eden na haar vrylating besoek, en sy het die volgende gedeel:

“God het ons nie alleen deur moeilikhede laat gaan nie. God het ʼn weg gemaak, toe ons gedink het daar is geen hoop nie.”

Foto verskaf deur Geopende Deure

Die volharding in gebed laat inderdaad wonderwerke gebeur. Om te volhard in gebed beteken dat ons geen ander oplossing het as God nie. Ons vertrou dus in Sy krag en Sy ingryping in enige situasie. Hy is ons Helper, ons Magtige Vegter en ons Beskermer.

Een van Geopende Deure se kernwaardes is gebed. Gebed vir en saam met die vervolgde Kerk, gebed dat hulle sal sterk staan, dat die Evangelie van Jesus Christus in die wêreld sal versprei, en dat baie mense Jesus Christus sal leer ken en dat hulle gered sal word!

Jy kan vandag saam met Geopende Deure begin bid en deel word van hierdie avontuur om vir vervolgde Christene reg oor die wêreld in te tree. Daar is nog miljoene ander soos Eden en haar vriende, wat nodig het om te weet dat al word hulle vervolg vir hul geloof, is hulle nooit alleen nie!

Soos Broer Andrew, stigter van Geopende Deure sê: “Dit is goed om vir ons werk en ons kinders en ons finansies te bid. Natuurlik vra ons vir God om ons siek bure te genees en om ons geliefdes veilig te laat reis. Indien dit egter al is wat ons doen, mis ons uit op ‘n groot avontuur. God nooi ons om ons gemeenskap, ons nasie, en die wêreld te beïnvloed – om letterlik geskiedenis te rig terwyl ons op ons knieë is.”

So waar begin jy? Hoe leer jy om so te bid?

Foto verskaf deur Geopende Deure

Broer Andrew en Al Janssen het ‘n gebedsboekie, Gebed: Die werklike stryd, geskryf. Hierdie kragtige boekie leer jou praktiese Bybelse lesse oor die ware doeltreffendheid van gebed, vir jouself, jou familie, jou gemeenskap en vir mense oor die wêreld heen wat vervolging ervaar omdat hulle Jesus volg. Klik hier om vandag jou GRATIS e-boek van Gebed: Die werklike stryd af te laai en word deel van hierdie opwindende avontuur wat die wêreld kan verander!

*Naam verander vir sekuriteitsredes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.