ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; nooit alleen nie

alleen

Foto: Warren Wong/Unsplash.com

Ek het ʼn onrustige nag agter die rug en staan skoon moedeloos skuins na middernag op om ʼn koppie rooibostee te maak. Dit gebeur mos maar van tyd tot tyd dat die slaap jou ontwyk.

Ek soek rond in die Bybel, eintlik te moeg om regtig te konsentreer. Dan word my gedagtes gevoer na die teks in Josua 1. Soos alle mense het ek ook uitdagings wat groot en bykans onhanteerbaar lyk.

God is met Moses se assistent besig. Die opdrag is duiselingwekkend. ʼn Vreemde land, omstandighede en uitdagings lê en wag. Dit is inderdaad die land van belofte maar dit beteken nie dat daar angswekkende realiteite wag nie. Die stede is steeds versterk met ondeurdringbare mure daar rondom, die volke wat in die land woon gaan hul grondgebied sekerlik nie sonder ʼn geveg prysgee nie, nuus van die aankomende volk van die Here het hulle waarskynlik reeds bereik en hulle is tot die tande bewapen. Verskeie uitdagings lê dus en wag.

Niemand sal Josua verkwalik as hy effens gespanne is nie. Die onrustigheid is voelbaar in die teks. Dan kom die Opdraggewer, God self deur sy Gees en bemoedig Josua met hierdie merkwaardige woorde: Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.

Die woorde het vir my baie troos gebring en met groter rustigheid terug gestuur bed toe.

Die Een wat belowe is in staat om alles te doen en veel meer as waartoe ʼn mens in staat is. Bang wees is verstaanbaar maar in stede van vlug wat normaalweg ons eerste reaksie is word ons opgeroep om tot die stryd toe te tree, gewapen met die volle wapenrusting van die Gees. Die wapens van hierdie wêreld kan nie daarteen weerstand bied nie.

Bedink hierdie woorde vandag: Ek sal jou nie in die steek laat nie.

Aan Hom al die eer.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charms ·

Dankie Here, dat ek weet dat U ons nie in steek sal laat nie. Amen

Bertie ·

Ek hou hiervan vas – God se bevestiging van by ons wees al van 2000 jr gelede en dit staan vas. Ook in ons huidige politieke situasie SAL HY ons nooit in die steek laat nie. Nooit. Ek glo Hom, ek glo SY Woord, ek glo in GOD se almag en ook met alles in ons lewe. Dankie Jesus.

Bertie ·

Wil ook net byvoeg: Gèèn wapen wat gesmee word, sal teen ons gerig word nie; Geen gemaakte wapen kan teen God se wapenrusting wen nie. Mits ons dit natuurlik aantrek.

JJ ·

My gevoel van veiligheid en sekuriteit kom net van Jesus af. Dankie Heer dat U altyd daar is vir ons. Amen

Maria ·

Dankie dat U my nooit in die steek gelaat nie. U is ongelooflik goed !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.