ToekomsVenster: Daar is nie nog ’n God soos U nie

Foto: Ben White/Unsplash

en sê: “Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog ‘n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe. – 2 Kronieke 6:14

Salomo staan en kniel voor die Here. Hy bely, “daar is nie nog ʼn God soos U nie. U hou U aan die verbond en is getrou aan die beloftes wat U gemaak het”.

Die Verbond is ʼn ooreenkoms wat God met sy kinders gesluit het. In terme daarvan onderneem Hy om hulle te beskerm en vir hulle te sorg. Hulle onderneem om Hom te loof, eer en te gehoorsaam as “hulle” God.

Hy word nooit ontrou aan wat Hy onderneem het nie. Ons egter sukkel daarmee en hef die terme van die verbond, om gehoorsaam te wees, somtyds eensydig op.

Wanneer dinge nie goed loop nie moet ons onsself maar ondersoek.

Is ons ontrou aan dit waaraan ons onsself verbind het?

Salomo bid – “In die hemel of aarde nie nog ʼn God soos U nie”.

In ons dag word verskeie godsdienstige paradigmas aangebied.

Daar is egter net een God, die Vader van ons Here Jesus Christus en werksaam deur die Heilige Gees.

Ons lees verder aan:

2 Kron. 7:12-14 – Daarna verskyn die Here een nag aan Salomo en sê vir hom: “Ek het jou gebed verhoor en hierdie plek vir My gekies as die plek waar daar vir My offerandes gebring kan word. As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

Die Here self tree hier met sy volk in gesprek.

Mag hierdie gebed totdat ons weer ontmoet in jou gedagtes voortlewe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Von ·

Here ons stig kommissies en weet nie nog wat alles nie maar ons redding le in…… “draai terug na die Here” dit is my gebed vir SA…dankie Here dat U n genadige God is… Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.