ToekomsVenster: Die liefde sal nooit vergaan nie

hart-op-hout

Foto: Jamez Picard/Unsplash.com

1 Kor. 13 – lees gerus weer die bekende teks.

Paulus konkretiseer die liefde in ʼn aantal sake. Eers wat die liefde nié is nie en dan wat die liefde is.

Dan sê hy dat liefde nooit sal vergaan nie, dat ook in die ewigheid daar geen gebrek aan liefde, volmaakte Goddelike liefde, sal wees nie.

Ons is mense wat somtyds met die gebrokenheid van hierdie wêreld gekonfronteer word. Dit kán ʼn mens moedeloos maak. Tog is die bedoeling van Paulus dat die liefde nie opgee nie.

In huweliksverband is dit so belangrik. Daar kom somtyds sulke oomblikke waar jy jouself gaan vra: Is die kool die sous werd?

Somtyds moet ʼn mens agteroor buig om die ander te akkommodeer, maar ons het belowe dat ons ʼn roeping teenoor mekaar het en nie daarmee sal opgee nie.

Ek verwys uiteraard nie na verbintenisse waarin mense misbruik en verinneweer word nie. Daar is geen motivering dat so ʼn verhouding hoef aan te gaan nie. Niemand het die reg om iemand anders so af te knou dat jy jou mensheid prysgee nie.

Liefde gedy te midde van goeie en minder goeie, opwindende en minder opwindende tye, ook voorspoedige en minder voorspoedige seisoene.

Julle het immers vir mekaar gekies.

As jy vasbyt omdat jy oortuig is dat dit van die Here is, sal Hy jou seën.

Dit is ʼn merkteken van die liefde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Von ·

Here dankie vir U groot genade dat tenspyte van seer en swaar , vertrou ek U plan vir my lewe wys en goed is, dat U my volkome liefhet en dat U my lewe in U volmaakte krag vashou….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.