ToekomsVenster: God, die ewige

hand

Foto: Dev/Unsplash.com

Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. – Jesaja 9:5

Alfa, Beskermer, Christus, en deernis. Vandag dink ons na oor die letter E en toegepas op ons hemelse Vader dink ons aan sy ewige bestaan. Dit is deel van die misterie van die Godsopenbaring. Hy is sonder begin en einde. Ons vind dit moeilik om so oor Hom te dink omdat ons kortstondigheid, tydgebondenheid en beperktheid verteenwoordig. Ons bestaan op aarde is soos ʼn gedagte. Dit gaan gou verby. Ps. 73 getuig daarvan.

Ons lees in Deut. 33:27 dat Hy, die Ewige, ʼn skuilplek is. Ons almal het veral somtyds so ʼn plek van veiligheid nodig. As die storms van die lewe om ʼn mens slaan soek jy na veiligheid en geborgenheid. Jy vind dit by God. Sy arms in onder jou lees ons in Deut. 33. Hy beveel die bose om te vlug. Daar is geen situasie waarvoor Hy terugdeins nie. Niks is vir Hom te moeilik nie. As ewige God hou Hy jou te midde van jou beperktheid en eindigheid in sy hand.

Jou naam is in sy handpalm gegraveer.

Die ewige God is ‘n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’ – Deuteronomium 33:27

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.