ToekomsVenster: Hoe dan anders?

blom-sonsondergang-plaas-eyecandydesighz.jpg

(Foto: Eyecandydesighz/Pixabay)

“In die hemelse vergadering is daar groot ontsag vir God. Hy is meer ontsagwekkend as hulle wat Hom omring.” – Psalms 89:8 (NLV)

Een van die grootste foute wat ons kan maak is om goed as vanselfsprekend te aanvaar.

  • Natuurlik sal dit so wees.
  • Hoe dan anders.
  • Ek is daaraan gewoond en niemand sal dit waag om my leefwêreld te ontwrig nie.

Wel, die realiteit kan wreed wees. Omtrent alles het al verander en gaan verander. Die lewe is onseker en soms onhanteerbaar.

Positief gestel is die lewe ʼn avontuur, maar min van ons bereik daardie plek van volwassenheid. Ons broei mekaar nog verder die afgrond in by ons samekomste en in ons vriendekringe. Die media hou die meestersverhaal dat dinge erg inplof lewendig, en met goeie rede. Niks is meer vanselfsprekend nie.

Ek wonder of ons dieselfde verwagting en ingesteldheid het of mag hê wanneer dit by ons verhouding met die Here kom.

  • Natuurlik sal Hy sorg, luister, dra en verdra.
  • Natuurlik is sy genade genoeg en sal Hy die pad voor my gelykmaak.

Dit alles is waar, maar dit is nie vanselfsprekend nie. Dit is kru om God en sy sorg, sy beloftes en sy omgee, as vanselfsprekend te aanvaar. Daar is niks vanselfsprekend aan God nie. Hy bly die Here, merkwaardig in sy grootheid en sorg. Hy is ondefinieerbaar en in misterie gehul.

Die woorde van Jesaja kom by my op: Gaan weg van my Here, want ek is ʼn sondige mens.

Het jy ook gewoond geraak aan God, soveel so dat jou verhouding lank reeds skade lei?

Bid dan saam met my: “Here, ek bekeer my opnuut tot U”.

  • Wil jy meer weet oor die ToekomsVenster-projek? Stuur ʼn e-pos aan ds. Jannie Pelser by [email protected] vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir die wonder van U liefde dat ek weer en weer moet seker maak dat ek my verhouding met U moet reg maak…terwyl daar nog tyd is…Amen en Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.