Wie kan die magtige dade van die Here onder woorde bring? Wie kan sy lof ten volle verkondig? – Psalm 106:2
Ons woorde is heeltemal te ontoereikend om reg te laat geskied aan die grootheid en almag van God. God is groter, heerliker, omvangryker, merkwaardiger, indrukwekkender …
Soms is ons so gemaklik in ons godsdiensbeoefening. ʼn Paar goed bedoelde frases tydens ons stiltetyd, dikwels nie anders as dit wat ons gister en eergister gebid het nie, is meestal die inhoud van ons lofverheffing.
Die hoogste hemele kan Hom nie bevat nie. Sy grootsheid kan nie besef word nie. God is in alle opsigte meer en groter as ons mees kreatiewe beskrywings van Hom.
Nederigheid pas by kinders van God. Miskien is een van die beter maniere om God te aanbid doodgewone stille verwondering van Hom, sonder ʼn stortvloed woorde wat hul betekenis verloor het.
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! – Psalm 8:2
Amen
Amen
Here al skiet ons woordeskat sover tekort, weet U elke detail van ons hart, al die dankbaarheid, vrae, bekommernisse. Dankie vir wie U is in ons lewens. Amen