ToekomsVenster: Hy het opgestaan!

(Foto: Kent Pilcher/Unsplash)

Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. – Hand. 15:3-4

Ons vier die wonderlike waarheid dat Jesus uit die dood opgestaan het.

Paulus maak geen geheim daarvan nie, as Christus nie opgestaan het nie, was ons geloof van geen waarde. Dan het ons verniet geglo en is ons in sy woorde die ‘bejammerenswaardigste’ van alle mense.

Dan vervolg hy sonder om te skroom of te aarsel: “Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het”.

Hy vertel van verskeie mense aan wie Jesus na sy opstanding verskyn het en wat hom, die “geringste van almal” volgens sy eie beskrywing, insluit.

Ons mag nie ’n halwe Evangelie aan die wêreld voorhou nie. Wanneer ons getuienis by die kruis versand het ons net die helfte van die waarheid beet. Sonder die opstanding is die kruis betekenisloos en niks meer as humanisme nie. Een goeie mense wat vir ander gesterf het.

Goddank, dat dit juis nie so is nie. Die God-mens Jesus, volmaak God en volmaak mens, sonder sonde, sterf namens en vir mense wat hulself nie kan red nie.

Daar is baie mense wat met goeie lewens en mooi dade en gesindhede die Ewige lewe wil beërwe. Dit is uiteraard prysenswaardige dinge en moet nie nagelaat word nie. Dit is egter nie “sodat” nie, maar “omdat”. Nie “sodat” ek gered sal word nie maar “omdat” ek gered en gereinig is.

Die volle waarheid is egter dat Jesus gesterf en opgestaan het uit die dood. Die Vader het Hom deur ’n magsdaad deur die Heilige Gees uit die dood laat opstaan.

“Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan” staan geskrywe buite die tuingraf in Jerusalem.

Ons mag nie leef asof Hy steeds dood is nie, juis omdat Hy opgestaan het gaan ons ook opstaan. Meer as dit egter, omdat Hy opgestaan het, kan ons vandag, hier en nou, oomblik vir oomblik, ongeag watter uitdagings ons in die gesig staar, opstaan en leef.

Jesus het opgestaan!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Wat ń Wonderlike gedagte om te weet ons aanbid ń Lewende God.

Yvonne ·

Dankie Here Jesus vir die wonderdaad van liefde vir n mens wat niks verdien nie…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.