ToekomsVenster: Hy is die Alfa

vrou-sambreel-blomme-veld

Foto: Jeremy Bishop/Unsplash.com

“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. – Die Openbaring 1:8

In die volgende weke gaan ons aan die hand van die alfabet nadink oor sommige karaktereienskappe van God. Uiteraard is Hy baie groter as die letters van die alfabet maar dit mag ons help om op bepaalde karaktertrekke te fokus, ons daarin te verlustig en na te dink oor die implikasie daarvan vir ons lewens.

Vandag begin ons met die lettertjie A en die woordjie Alfa kom by ons op. Ons herinner onsself ook onmiddellik aan die laaste letter van die Griekse alfabet, Omega.

Tussen die twee aksente lê die hele lewe opgesluit. Die geskiedenis en verloop van die wêreld, die pyn, teleurstelling en hartseer maar ook vreugde en ideale wat kenmerkend van ons bestel is. Hy is die oorsprong, die rede, die inisiatiefnemer.

Somtyds raak ons verwaand en dink dat ons die inisiatiefnemers is en dat die Here ons by wyse van spreke met ʼn applous moet begroet. Die waarheid egter is dat ons tot niks in staat is in eie krag nie. Elke goeie en volmaakte gawe kom tog van Bo, nie waar nie?

Die Alfa en Omega vorm ʼn sambreel waaronder ons ons lewens leef. My professor het gesê dat Hy die proton en die eskaton is. Dit beteken die oorsaak en gevolg, die begin en afloop van alle dinge.

Hy is inderdaad die verbondsgod.

Skuif vandag onder hierdie genade sambreel in.

Verder sê Hy vir my: Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. – Die Openbaring 21:6

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.