ToekomsVenster: Jesus vervloek die vyeboom

vyeboom

Foto: Reint Dykema.

Toe hulle die volgende dag van Betanië af terugkom, het Jesus honger gekry. Hy sien toe op ‘n afstand ‘n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien ‘n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” – Markus 11:12-14

Sy dissipels het dit gehoor.

Dit bleik baie onregverdig van Jesus te wees om vye te verwag terwyl dit nie tyd vir vye is nie. Die gedeelte is nie so maklik om te verstaan nie maar een verduideliking hou verband met die feit dat die blare die verwagting skep dat daar vrug aan die boom is.

Dit is ʼn groot frustrasie as ʼn mens by ʼn plek kom wat veronderstel is om lewe te gee en doodsheid daar vind. Die uiterlike roep nader, die innerlike stel teleur. Ek het sommer in oordragtelike sin gedink aan ons lewens as Christene. Sondag dalk gereeld in die kerk maar die vrug van die bekering ontbreek. Op pad Bloemfontein toe om te gaan bid maar die vrug bly uit.

Jakobus stel dit duidelik, geloof die innerlike en vrug die veruiterlikte gekonkretiseerde geloof moet mekaar komplimenteer. Die een kan nie sonder die ander nie, die een veronderstel en bevestig die ander.

Jesus se reaksie op die vrugtelose vyeboom is baie kwaai. Hy sê vir die boom “van jou sal niemand weer vye eet nie”.

Gelukkig is daar ook die gedeelte waar die boom nog een jaar gegee word om te sien of die bekering gerugsteun word deur gehoorsaamheid.

Hoe verskriklik moet dit nie wees as die Here die boom tot so ʼn toekoms veroordeel nie.

Die gedeelte maak dit baie duidelik dat vrug uiters noodsaaklik is.

Bitter en soet water uit een fontein, nee, dit kan nie.

Dorings en vrug aan een boom, nee, dit kan nie. Blare sonder vrug, nee dit kan nie.

Vrug wat by die bekering pas.

Ek het julle aangestel om vrug te dra se die woord, vrug wat sal hou.

Oorvloedige vrug wat getuig van die dertig sestig en honderdvoudige opbrengs op die saad wat gesaai is.

Hoe lyk dit vandag met ons lewens?

Is daar vrug, oorvloedig en gepaste vrug aan ons?

Vrug is terwille van ander. Die boom dra tog nie terwille van homself nie. Ander kom verby, sien dat die vrug aangenaam en gesond is, eet daarvan en word tot nuwe lewe gewek. Ons roeping is duidelik.

Vrug wat bly die bekering pas.

Vandag!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Saartjie ·

Ja nee kyk, hierdie storie het my nog altyd die horries gegee. Dit word duidelik gesê dat dit nie vyetyd was nie. Daar kon blare aan die boom gewees het nadat al die vye reeds gepluk was … hoe op aarde skep die blare die verwagting dat daar vye sal wees? En om dan vervloek te word?

OWO ·

Hierdie gedeelte sal nie vir jou horries gee as jy dit reg verstaan nie.Jesus gebruik die vyeboom as beeld om te verduidelik aan sy dissipels dat hulle geloof in Hom(Glo),vertrou op Hom en gehoorsaam wees aan Hom,elke dag van jou lewe en dat jy vrug moet dra deur Sy karaktertrekke elke dag aan te neem.(Gal 5:22)Indien jy jou bly verhard teen dit sal dit gebeur met jou,soos wat met die vyeboom gebeur het.Dit is ‘n daaglikse proses.Sterkte.

Jou vriendin ·

Kom ons sien dit soos n vergelyking, die boom is daar met blare, maar kan verder niks goed van verwag word nie. Die mensdom is ook baie so, ek ook, ons het vere aan die buitekant maar is binne vrot, ons maak nie tyd vir Jesus nie, net vinnig n bybelversie en n gebedjie, waarin ons dan ook nog eintlik maar altyd net vra, en vergeet om dankie te se vir alles wat Hy al in ons lewens gedoen het, hier staat die vyeboom, mooi blare en verder? Geen vrugte nie, hierdie is n verwysing na geloofsvrugte, is ons geloof onvoorwaardelyk? Help ons ons medemens? Maak ons tyd vir Hom? Sien, n opregte geloof, is daar om die hele dag deur God te loof en te dank vir ALLES, en liefde vir ons naaste, liefde is die grootste gebod, wat het daarvan geword? Nou se u ja, maar dit word vir n mens onmoontlik gemaak in hierdie baie swaar tye, wat van Jesus? Kyk hoe het Hy geween oor Jerusalem? Ons saligmaker, wat huil oor die verwoesting wat aanstaande was?/Is? En wat het die mensdom toe alles reeds aan hom gedoen? Glo sonder voorwaardes, Glo, en dat ons almal ophou pronk met buitenste blare, en ophou vergeet van ons medemens. God was daar vir die siekes, swakkes, hopeloses, daaroor het Hy hom ontferm, dit is wat HY van ons vra, kom ons probeer tenminste? Dit sien HY ook!! Dankie Here vir alles!!!!! in ons lewens?

Bloudrom ·

Niksseggend om die waarheid te sê en dan kan daar n uur daaroor gepreek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.