ToekomsVenster: Jou tong is ook ’n vuur

Foto:
Joshua Newton/Unsplash.com

Die tong is ook ‘n vuur, ‘n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. – Jakobus 3:6

Praat kan ʼn mens in ʼn verleentheid dompel. Die wyse woorde van moedersknie is relevant, “dink, voordat jy iets sê”. Wat gesê is kan nie teruggetrek word nie en baie jammers later sukkel jy steeds om die skade te probeer ongedaan maak.

Suid-Afrika is ʼn uiters sensitiewe samelewing en die saak rondom haatspraak was in die afgelope maande belangrike nuus.

Mense, alle mense, is beelddraers van God.

Dat ons ʼn wag voor die mond nodig het is absoluut waar. Dat ons te veel seergemaak en gekwes het in die verlede is eweneens waar. Dat ons met agterdog bejeën word vanweë die wyse waarop sommige van ons  met hul medemens omgegaan het, is ook waar.

Dit help nie om volstruispolitiek te beoefen nie. Eerlikheid met onsself en ander bring ons verder. Om op ander se sondes en skandes te wys help nie. Vee voor jou eie deur. Sorg dat jou optrede, jou woorde en dade met sout besprinkel is.

Sê wat jy wil, maar tel jou woorde. Gister se speelse grap is môre se beledigende kwets. Ons moet omstrede en selfs kwetsende uitdrukkings identifiseer en probeer verstaan waarom dit aanstoot gee. Dit geld vir alle gemeenskappe in Suid-Afrika.

Kol.4:6 – Wanneer julle met mense praat, dan moet julle altyd vriendelik wees. Dit moet vir die mense lekker wees om na julle te luister. Ja, julle moet altyd die regte dinge vir elke mens sê.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frieda ·

Dankie Ds Pelser u het vandag wyse woorde gepraat en ons moet dit almal ter harte neem. ‘n Giftige
tong maak baie skade.

charmaine ·

Ons weet al hierdie dinge en daar is dae wat dit goed gaan, maar dan is daar weerd dae wat ons op die proef gestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.