ToekomsVenster: Jy kan dit nie sien nie

vrou-bid-gebed

(Foto: Ben White/Unsplash)

“Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.” − 2 Korintiërs 2:11

Daar is meer as een dimensie aan ons bestaan. Daar is die fisiese, materiële en tasbare werklikheid waarmee en waarbinne ons elke dag leef.

Wat gesien kan word, kan meestal hanteer word. ʼn Mens loop tog nie blindelings in ʼn situasie in terwyl alles daarop dui dat dit ʼn gevaarsone is nie.

Wie willens en wetens die rooi verkeerslig vermy en d oodluiters voortstu asof dit net hy op straat is, is dwaas. As die ongeluk gebeur, kan jy net jouself verkwalik. Om dan te sê dat die Here jou moes gekeer het, is dom. Immers, jy het mos gesien die lig is rooi en jy weet wat dit van jou vra. Jy weet ook reeds vooraf van die noodlottige situasie waarin jy jouself mag bevind sou jy kies − hoor die woord, dit gaan oor ʼn keuse − om die rooi verkeerslig te ignoreer.

Daar is egter ook ʼn geestelike wêreld.

Die geestelike wêreld huisves Goddelike- en teen-goddelike kragte. God se Gees is in die onsienlike werksaam. Jy kan Hom nie sien nie, jy kan Hom nie vashou nie, maar jy kan sy teenwoordigheid onderskei en daarop reken.

Jy kan jou verlaat op die impulse van die Gees wat jou sensitief maak vir ʼn bepaalde situasie.

Jy kan die Gees voorrang gee in jou lewe en kies om onder sy heerskappy te leef.

Jy kan ook kies − daar is die woordjie weer, dit gaan oor ʼn keuse − om die Gees se leiding te ignoreer en te doen soos jy goed dink. Met laasgenoemde loop jy die gevaar om in, wat my standerd 4 (graad 6) onderwyser “tamatiestraat” genoem het, te land.

Soos reeds gesê, in die onsienlike ryk is daar ook teen-goddelike magte werksaam wat een missie het en dit is om gelowiges te ontspoor.

Die bose is ʼn slim strateeg en kom op ʼn verskeidenheid maniere na mense toe. Uiteraard verpak hy die versoeking in geskenkpapier met ʼn reusestrik daarop.

As hy die realiteit van die begin af openbaar, stukkende gebroke lewens en verhoudings, sal niemand so dom wees om oop oë daarin te loop nie. Hy kom egter na die mens, en veral gelowiges, met ʼn aantreklike verpakking wat moeilik is om te ignoreer.

Daar is ʼn strategiese oomblik wat verloop tussen die tyd dat die geskenk oopmaak en daaraan deel kry.

Dit is die oomblik van onderskeiding. Paulus bid dat die gemeente met onderskeiding geseën sal word.

“Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees.” Filippense 1:9-10

Hoe sensitief is jy vir die leiding van die Heilige Gees?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here Jesus ek bid onderskeidings vermoe toe vir elkeen van my geliefdes, vir ons land en sy mense…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.