ToekomsVenster: ’n Stukkie vrede in jou gemoed

dandilion-sade

Foto: @breakfast_on_jupiter/Unsplash.com

Hierdie tyd van die jaar is ʼn mens nóg vis nóg vlees. Mens bevind jou midde verskeie realiteite.

Die jaar is bykans verby en daar is ʼn arsenaal vol van dinge wat jy nog wou afhandel voordat 2018 die laaste asem uitblaas. Die nuwe jaar lê voor en iewers wil jy tyd en ruimte inruim om na te dink en te beplan. Mens kan darem nie ʼn nuwe jaar sonder voorbereiding en ʼn plan tegemoet gaan nie. Tussenin lê Kersfees en jy is so bang dat midde al die besig wees jy dalk selfs weereens die Kersboodskap vanweë te besig wees gaan mis.

As Kersfees met God se vrede te doen het, en dit het, dan moet daar darem ʼn stukkie vrede in jou eie gemoed kom dink jy by jouself.

Maar ook wat Kersfees betref is daar tientalle voorbereidings wat getref moet word. Dit is tyd vir vriende en familie by uitstek en veral die kinders hoop dat daar ʼn geskenk of wat onder die Kersboom sal wees. Ja, ons gaan nie vandag stry oor Kersbome en liggies en geskenke nie. Ons vertrou mekaar se harte en basta.

Natuurlik is dit ook vakansietyd en Suid-Afrika verhuis mos tydens vakansies. Ons doen dit selfs oor langnaweke. Noord gaan suid en suid kom noorde toe. Die Ventertjie is stampvol gepak en die motor lê laag op die teerpad van alles wat moet saamry.

Sjoe, ʼn mens is sommer gedaan net om te dink oor alles wat moet en gaan gebeur. My wens is dat jy tyd sal maak om by jouself en by die Here te wees. Immers, jy skryf jou eie program en ʼn mens hoef nie noodwendig alles te doen en reg te hê hoe lekker dit ook al sou wees nie.

Eerste dinge eerste. Diep asemhaal en uitblaas. Stadig. Nog ʼn keer. Jy hoef nie alles vandag in te pas nie. Ontspan.

Nou wat moet nou gedoen word?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.