ToekomsVenster: Suid-Afrika, land van…

(Foto: Justasurferdude/Pixabay)

Ek wonder hoe jy hierdie sinnetjie sou voltooi? Dit sal verrykend wees as jy dit wil voltooi en op ʼn manier by my uitkry. My e-posadres is [email protected] of los jou opmerkings in die kommentaarafdeling onder hierdie oordenking.

Ek hoor reeds die vraag: “Moet ons nie op die hemel konsentreer nie, seker maak dat ons wel daar uitkom en soveel mense as moontlik saamneem nie?”.

Inderdaad, dit bly ons primêre verantwoordelikheid, maar lees ook vandag se teksverse:

“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Julle is die lig van die wêreld.”Matteus 5:13-16 (AFR53)

Die model vir ʼn gebed leer ons: “Laat U koninkryk kom op die aarde net soos in die hemel”.

Nou vir wie moet hierdie gebed in die praktyk leef en waarmaak, as dit nie gelowiges is nie?

Die Jode wat hulleself in ballingskap in Babel bevind kry ʼn interessante opdrag in Jeremia 29:

“Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie. Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.”

Ons roeping is nie in die hemel nie, maar op aarde. Hier en nou, daar waar ek en jy spasie opneem.

Carike Keuzenkamp sing die nou bekende lied:

Dis ʼn land van kleure en klank

dis ʼn land van oorvloed en dank

dis ʼn land waar almal na strewe

Dis ʼn land sonder horison en

dis ʼn land wat weet hy kan

ook ʼn blyplek neerlê vir my

Dis ʼn merkwaardige land met soveel om te bied. Skatryk in sy diversiteit, hoe uitdagend dit ook al mag wees.

Mag ons die gawe van hierdie land en sy mense, nie geringskat nie. Mag ons nie oorrompel word deur die heersende narratief van ʼn land wat gedoem is nie.

Solank God op die troon is en daar Christene is wat Hom soek, solank daar kinders van die Here is wat die waardes van die Evangelie leef, is daar hoop.

Seën ons Here God, seën Afrika.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sterling ·

…rentmeesterskap.

Ons is maar tydelik verantwoordelik vir dit wat aan ons toevertrou is. As ons Huis toe gaan, gee ons dit terug vir die Koning en Hy ken dit toe aan die volgende generasie vir hul seisoen van rentmeesterskap

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.