Gedagte vir die dag: Veranker in die Woord

 geanker-pixabay.jpg_

Foto: pixabay.com

Laat hulle aan U toegewy wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. U woord is die waarheid. (Johannes 17:17)

Jesus bid ernstig vir sy dissipels omdat Hy weet sy tyd op aarde word min. Hy wil hê dat hulle veranker sal wees in hulle geloof in Hom en in die Woord. Jesus weet hoe sterk die verleiding van die wêreld kan wees en hoe maklik die dissipels se geloof hulle kan begewe wanneer hulle onder druk van hulle teenstanders verkeer. Die enigste manier om staande te kan bly, is deur verbind te wees tot die waarheid in die Woord. Sy dissipels is wel ín die wêreld, maar nie ván die wêreld nie.

Dit geld ook vir elke gelowige vandag.

Here, help my om staande te bly deur elke dag vas te hou aan u Woord. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.