Gedagte vir die dag: Verlossing

Stiltetyd_assisi-annelize.jpg

Foto: Annelize Brits

Anna was nooit weg van die tempel af nie en het dag en nag daar gebly en God gedien met vas en gebed. Sy het God begin prys. Sy het oor Jesus gepraat met almal wat verlang het na die bevryding van Jerusalem. (Lukas 2:37-38)

Ná Jesus se geboorte het Maria en Josef na die tempel in Jerusalem gegaan om Hom voor die Here te bring. Daar het hulle die hoopvolle profetes Anna ontmoet wat dag en nag in die tempel gebid en gevas het (Lukas 2:36-38).

Waarna het God se volk gedurende hierdie tyd uitgesien? Verlossing. Hulle eie verlossing? Natuurlik. Maar ook die verlossing van hulle families, hulle stad, Jerusalem en selfs die hele aarde.

Wie sou vir hulle hierdie verlossing bewerk? Jesus, hierdie kind, die Messias wat Koning sou word, nie net vir individue nie, maar ook vir ’n verloste aarde. Dit is die evangelieboodskap van die Koninkryk.

Die volkome werk van Christus is niks minder nie as om die ganse skepping van die gevolge van die sonde te verlos. Daardie doel sal nie vervul word totdat die verlore paradys die nuwe paradys geword het nie. – Anthony Hoekema

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.