Gedagte vir die dag: Voorbereid op krisisse

donker-wolk-silver-rand-stiltetyd-riaan-nagel.jpeg

Foto: Riaan Nagel

Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin. (Johannes 16:33)

Jy moet nooit verbaas wees as ’n krisis opduik nie. Jy moet eerder verwag om probleme te ervaar, want ons leef in ’n gevalle wêreld. Jesus het self gesê ons sal probleme op die aarde hê.

Jesus se woorde van waarskuwing behoort jou te vrywaar van vrees wanneer ’n krisis opduik. En sy belofte van oorwinning behoort jou te keer om moedeloos te voel of dat daar geen uitweg is nie.

Is jy voorbereid op ’n krisis?

Bron: Wees sterk en standvastig
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Here U die kenner van harte van gedagtes van menswees……die toekoms maak my beangs….ek bid vir U krag en genade op my geloofsreis asb Here….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.