Gedagte vir die dag: Waarvan moet jy afstand doen? 

voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen … (2 Korintiërs 4:2, 1953-vertaling)

Het jy afstand gedoen van die geheime dinge wat skandelik is in jou lewe, daardie dinge wat jou gevoel van eer en hoogmoed nooit sal toelaat om in die lig te kom nie? Dit is maklik om dit weg te steek. Is daar ’n gedagte omtrent ’n ander persoon wat jy nie graag in die lig sou wou bring nie? Doen dan afstand daarvan die oomblik wanneer dit in jou gedagte opkom. Doen volkome afstand van elke ding in sy geheel totdat daar nie die geringste oneerlikheid of listigheid in jou oorbly nie. Naywer, jaloesie en onenigheid spruit nie noodwendig uit jou ou sondige natuur nie, maar uit die vlees wat in die verlede vir al hierdie soort dinge gebruik is (vgl. Rom. 6:19; 1 Pet. 4:1­3). Jy moet voortdurend waaksaam wees sodat daar niks in jou lewe ontstaan wat jou tot skande kan strek nie.

… (O)ns wandel nie in listigheid … nie … (2 Kor. 4:2, 1953-vertaling). Dit beteken jy wend jou nie tot enigiets net om jou eie standpunt te bewys nie. Dit is ’n geweldige slaggat. Jy weet goed dat God jou net sal toelaat op een manier: volgens die waarheid. Wees baie versigtig om mense nie op die ander manier te probeer vang nie, dit wil sê deur bedrog nie. Indien jy bedrieglik optree, sal God se verderf en vernietiging op jou wees. Wat dalk vir jou listigheid mag wees, is nie noodwendig vir iemand anders nie. God het jou tot ’n hoër standaard geroep. Moet nooit

dat jou begeerte om jou allerbeste vir sy Hoogste te wees, afgestomp raak nie. Wees jou beste ter wille van sy heerlikheid. Dit kan wees dat wanneer jy sekere dinge doen, ’n listigheid in jou lewe inkom wat ’n ander oogmerk as die hoogste en die beste ten doel het en dit sal die motivering afstomp wat God jou gegee het. Baie mense het al omgedraai op die pad omdat hulle te bang was om na dinge vanuit God se perspektief te kyk. Die grootste geestelike krisis kom wanneer ’n persoon ’n bietjie verder in sy geloof moet beweeg as die geloofsoortuiging wat hy alreeds aanvaar het.

Bron: My allerbeste vir Sy Hoogste deur Oswald Chamber
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.