Gedagte vir die dag: Wyse rentmeesterskap

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Christus het sommige as apostels gegee, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars, om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou. (Efesiërs 4:11-12)

Goeie leiers verstaan dat delegering nie bloot beteken om opdragte te vermy of take wat jy nie wil doen nie af te skuif op ander nie. Leiers se taak is om ander te ontwikkel sodat hulle weer ander kan help ontwikkel.

Delegering is noodsaaklik vir almal wat betrokke is: die leiers, dié wat saam met die leiers werk en vir dié wat bedien word. Sonder delegering is leiers oorlaai, helpers is onbenut en mense word nie genoegsaam bedien nie. God belowe dat goeie delegering lei tot wyse rentmeesterskap van almal se tyd en hulpbronne.

Watter taak kan jy delegeer wat iemand anders kan laat groei en jou meer effektief kan maak in jou werk?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Die werk wat Heilige Gees op my pad plaas om te doen, dit doen ek met oorgawe tot eer van die Here.

Vrede & vreugde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.