Vyf mans is Donderdag in Garsfontein, oos van Pretoria in hegtenis geneem ná ʼn mislukte kaping.
Boer wat Boeremaglede versteek gaan grondwethof toe
‘n Boer van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo wat tronkstraf gekry het na hy twee vermeende Boeremaglede op sy plaas versteek het, gaan dié vonnis in die konstitusionele hof beveg.
Selebi hoor Vrydag sy lot
Selebi se regskostes het belastingbetalers reeds meer as R17 miljoen uit die sak gejaag.
Agt matrieks ernstig beseer in KZN-ongeluk
Agt matrieks is Donderdagoggend ernstig beseer toe hulle motor omgeslaan het naby Wartburg in KwaZulu-Natal.
Bejaarde boer in Namibië vermoor
ʼn Bejaarde boer van die Rehoboth-omgewing in Namibië se liggaam is Dinsdagoggend sowat 150 meter van sy plaashuis deur die polisie gevind.
Video: Nando’s se Mugabe-advertensie van die lug gehaal
Die kitskosgroep Nando’s het aangekondig dat hy sy advertensie waarin die Zimbabwiese president Robert Mugabe uitgebeeld word as “die laaste oorblywende diktator” van die lug gaan haal.
Man in hof na hy glo vrou met graaf aanval
ʼn 34-jarige man het Donderdag in die Port Alfred landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 83-jarige vrou met ʼn graaf aangeval het.
Sasol se Karoo-hidrobreking planne op die langebaan geskuif
Die petrochemiese reus, Sasol, het sy planne vir hidrobreking en die prospektering van skaliegas in die Karoo vir eers op die langebaan geskuif.
Simelane se aanstelling ongeldig
James Selfe van die DA het gesê: “Dit beteken dat Simelane nie meer die nasionale direkteur van openbare vervolging is nie. Sy aanstelling was ongeldig.”
Meisie steeds vermis na ma haar by skool oplaai
Die polisie in KwaZulu-Natal soek steeds na ʼn 10-jarige meisie wat vermis is sedert haar ma, wat nie toesig oor die kind het nie, haar by die skool opgelaai het.
18 sterf in gru-botsing op N4
ʼn Woordvoerder van die veiligheidsdepartement, Joseph Mabuza, sê die minibus het uitgebrand en die lyke is onherkenbaar verkool.
Kinderporno-saak: Familielede in hof
Die vier paartjies en een van hulle se ongetroude seun staan tereg op meer as ʼn 100 aanklagte wat onder meer insluit verkragting, gedwonge verkragting, die seksuele misbruik van kinders, seksuele aanvoorwerk en die maak en versprei van kinderpornografie.
Twee lewenslank tronk toe vir verkragting van tronkbewaarder
Die tronkbewaarder, ʼn klein blonde vrou, is op 19 Augustus 2008 in haar huis op die Baviaanspoort-gevangenisterrein oorval, beroof en verkrag.
Chanelle Henning-moord: ‘Ek was nie betrokke nie’
Een van die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Chanelle Henning en Woensdag op borg vrygelaat is, sê daar is geen bewyse om hom met die moord te verbind nie.
Man beboet ná hy drankie op Zuma mors
Die man wat aan aanranding skuldig bevind is nadat hy sy drankie op president Jacob Zuma gemors het tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren, het ʼn boete gekry.
‘Zuma, moenie wetsontwerp teken’: President kry 5 000 e-posse in 24 uur
Meer as 5 000 lede van die publiek het sedert gistermiddag hul protes oor die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting direk aan pres. Jacob Zuma bekend gemaak deur aan hom ʼn e-pos vanaf AfriForum se webblad, www.thebillstopshere.co.za, te stuur.
Karate-instrukteur se borgaansoek teengestaan
‘n Karate-instrukteur van Fourways wat tans aangekla word dat hy sy leerlinge molesteer het, se borgaansoek is Woensdag in die landdroshof in Randburg teengestaan.
R1 miljoen vervalsde banknote in Oosrand gevind
Die polisie het Dinsdagmiddag tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie glo op vervalsde banknote afgekom.
Chanelle Henning-moord: Borg vir Singh toegestaan
Preshan Singh, die persoon wat glo die vuurwapen vir die moord op Chanelle Henning verskaf het, se borgaansoek is vandag in die landdroshof in Pretoria aangehoor.
Durban se water veilig om te drink
Inwoners was bekommerd oor die drinkwater nadat die stad aangekondig het dat die vloede straatriole en sekere rioolwateraanlegte laat oorstroom het.