Die groot menigte mense was “soos skape sonder ‘n wagter…Toe het Hy (Jesus) vyf brode en twee vissies geneem… en dit onder hulle almal verdeel……
Lees meerAlles vir Woensdag 30 November 2011
Chanelle Henning-moord: ‘Ek was nie betrokke nie’
Een van die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Chanelle Henning en Woensdag op borg vrygelaat is, sê daar is geen bewyse om hom met die moord te verbind nie.
Man beboet ná hy drankie op Zuma mors
Die man wat aan aanranding skuldig bevind is nadat hy sy drankie op president Jacob Zuma gemors het tydens verlede jaar se Durban July-perdewedren, het ʼn boete gekry.
‘Zuma, moenie wetsontwerp teken’: President kry 5 000 e-posse in 24 uur
Meer as 5 000 lede van die publiek het sedert gistermiddag hul protes oor die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting direk aan pres. Jacob Zuma bekend gemaak deur aan hom ʼn e-pos vanaf AfriForum se webblad, www.thebillstopshere.co.za, te stuur.
Karate-instrukteur se borgaansoek teengestaan
‘n Karate-instrukteur van Fourways wat tans aangekla word dat hy sy leerlinge molesteer het, se borgaansoek is Woensdag in die landdroshof in Randburg teengestaan.
R1 miljoen vervalsde banknote in Oosrand gevind
Die polisie het Dinsdagmiddag tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie glo op vervalsde banknote afgekom.
Chanelle Henning-moord: Borg vir Singh toegestaan
Preshan Singh, die persoon wat glo die vuurwapen vir die moord op Chanelle Henning verskaf het, se borgaansoek is vandag in die landdroshof in Pretoria aangehoor.
Durban se water veilig om te drink
Inwoners was bekommerd oor die drinkwater nadat die stad aangekondig het dat die vloede straatriole en sekere rioolwateraanlegte laat oorstroom het.
AfriForum kap ANC oor plaasmoorde by VN-konferensie
“Dit is tyd dat die regerende party in Suid-Afrika verantwoording aan die internasionale gemeenskap doen oor sy verdediging van haatspraak teenoor boere, terwyl tientalle boere jaarliks vermoor word,” sê AfriForum.
Bybel in al elf amptelike tale al amper realiteit
Die vertaling van die Bybel in Suid-Ndebele is byna voltooi, wat sal beteken dat die Bybel dan in al amptelike landstale vertaal sal wees.
Nuuskommentaar: Wen die oorlog en verloor die vrede: Lesse van die Shifta
Min Suid-Afrikaners het waarskynlik van die Shifta-oorlog en Irredentisme gehoor, maar dié kwessie herleef hom op die oomblik in Noordoos-Afrika en hou talryke lesse in.
Vier sterf in Bloemfontein-ongeluk
Vier mense is dood nadat die bestuurder van ‘n Volkswagen Golf waarin sewe mense vervoer is, teen ‘n boom vasgery het, het ER24-paramedici Woensdag gesê.
Tafelberg bloedrooi vir Vigsdag
Tafelberg sal Donderdag met rooi ligte verlig word vir Vigsdag.
Bybelse perspektief op die nuwe inligtingswet
“…Daarom sou ek die regering ernstig wil waarsku om nie vir homself ‘n strik te stel deur onder beskerming van ‘n wet dinge in die geheim te wil doen nie. Dit gaan uiteindelik sonde en boosheid baar…”
Video: Zimbabwe-groep vra boikot Nando’s ná advertensie
ʼn Militante jeuggroep wat lojaal is aan Zimbabwe se president Robert Mugabe het gevra dat die Suid-Afrikaanse kitskosgroep Nando’s geboikot word na ʼn advertensie waarin Mugabe uitgebeeld word as “die laaste oorblywende diktator”.
AfriForum kap ANC oor plaasmoorde by VN-konferensie
Die burgerregte-organisasie AfriForum het tydens konferensie by die Verenigde Nasies (VN) ʼn beroep gedoen op die internasionale gemeenskap om die krisisafmetings wat plaasmoorde in Suid-Afrika aanneem, ten sterkste te veroordeel.
Uitgewer van ‘Pomp’ sterf
Die uitgewer van die publikasie Pomp, Hendrik Venter, is Dinsdagoggend aan vermoedelik ʼn hartaanval dood.
Inligtingswet: Publiek kan nou e-posse aan Zuma stuur
Die burgerregte groep AfriForum het Dinsdag ’n webblad bekendgestel waarop lede van die publiek boodskappe aan die president kan stuur rakende hul misnoeë met die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.