Nagenoeg R120 000 is ingesamel nadat die Boeretroos Noord-Vrystaat-groep en die Parys Toerismeburo vroeër in Maart hande gevat het om boere in die voortslepende droogte by te staan met behulp van die Boere Troos Fees (sic).
Karlien sing vir kankerlyertjie
Karlien van Jaarsveld gaan ʼn konsert hou om fondse in te samel vir Hendrik Stopforth, ʼn negejarige kankerlyertjie van Brits in Noordwes, nadat hy vir die tweede keer met bloedkanker gediagnoseer is.
Proe van die wêreld se beste whiskies
Hier is nou jou geleentheid om die wêreld se topwhisky te proe – Bunnahabhain, wat onlangs gekroon is as die “Distilleerdery van die Jaar” by die 2016 San Francisco World Spirits-kompetisie, gaan binnekort by die Wade Bales Wine & Malt Whisky Affair ʼn eksklusiewe versameling te proe aanbied.
Militêre en Geskiedenisfees nóg groter vanjaar
Die jaarlikse Militêre en Geskiedenisfees vind vanjaar op Maandag 2 Mei by die Voortrekkermonument Erfenisterrein plaas en sal spog met ’n verbyvlug van drie helikopters en ’n Grensoorlog-Bosbok.