Dié lesers wen kaartjies na 4×4 buitelug ekspo by Voortrekkermonument

4x4 Ekspo

Die heel nuutste in 4×4-, buitelewe- en kampeerprodukte word uitgestal. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Jackie le Roux, Henk Bogaards, Carel Landsberg en Wendell Myburgh en hul gesinne gaan vanjaar die lente verwelkom by die South African 4×4 & Outdoor Show wat eerskomende naweek van 1 tot 3 September 2023 by die Voortrekkermonument in Pretoria plaasvind.

Trio Events bied dié ekspo aan waar die heel nuutste in 4×4-, buitelewe- en kampeerprodukte wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, uitgestal gaan word.

Besoekers kan ook vir André de Villiers van die gewilde kykNET-televisieprogram, 4×4 met André, ontmoet en hom boonop agter die stuurwiel ervaar met ritte in sy viertrekvoertuie.

Oudergewoonte sal daar vir minder avontuurlustiges ʼn kuns- en snuffelmark wees waar daar van die beste gekeurde produkte verkoop sal word, asook ʼn verskeidenheid van heerlike feeskosstalletjies vir eetgoed om aan te smul.

Daar sal ook ʼn gerieflike, gratis pendeldiens tussen die parkeerterrein en ingang beskikbaar wees vir diegene wat hul energie vir die ekspo wil spaar.

  • Dagbesoekerkaartjies wissel tussen R40 en R120 en is aanlyn beskikbaar deur Ticketpro asook by die hekke tydens die geleentheid. Kinders onder 12 geniet gratis toegang.
  • Tree met Tersia in verbinding by 072 487 0000 of via e-pos by [email protected]indien jy nog navrae het.
  • Kyk hier na Maroela Media se pret by dié ekspo in 2022:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.