Hierdie lesers gaan ‘Barbie’ kyk

Margot Robbie en Ryan Gosling tydens “Barbie” se wêreldpremière. (Foto: Michael Tran/AFP)

Met Margot Robbie wat Barbie se pienk hakskoene volstaan, en Ryan Gosling heel gemaklik met Ken se spierwit kapsel, loop opgewondenheid hoog oor Barbie wat eindelik later vandeesmaand uitgereik word.

Vyf gelukkige Maroela Media-lesers het elkeen ’n stel dubbelkaartjies vir ’n spesiale vertoning van Barbie, wat later vandeesweek plaasvind, gewen.

Baie geluk aan Sarie de Beer, Marga Esterhuizen, Elize Meyer, Anne-Mare Matthee en Louis Naude wat elkeen ’n stel dubbelkaartjies vir dié nuwe fliek losgeslaan het.

Die spesiale vertoning vind Donderdag 20 Julie om 18:30 by The Grove Mall in Pretoria plaas.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.