Die jaarlikse Fijnwyn innie lente- wyn-en-kosfees is ʼn gunsteling op die Pretoriase feeskalender. Die fees word vanjaar op 23 en 25 September aangebied deur Shokran Events in Pretoria-Oos.
Shokran Events se perseel is geleë tussen amandel- en neutboomplantasies en is die perfekte ligging vir ʼn ontspanne dag in die natuur.
“Die Kaap is bederf met soveel feeste en wynplase dat ons besluit het om daardie atmosfeer Pretoria toe te bring en die gevoel wat ons skep is enig in sy soort,” sê Charmaine Lourens van Shokran Events. “Die Fijnwyn-fees skep ʼn geleentheid vir ʼn heerlike dag van samesyn en kuier saam met goeie vriende en familie.”
“Dié fees het heelwat gegroei. Dit word nou as een van die gewildste wynfeeste in Pretoria beskou,” sê Lourens.
Van Suid-Afrika se voorste wynplase soos dié van Anthonij Rupert, Louis57 en Beyerskloof bied van hul heerlike wyn aan en kos van uitgesoekte deli-stalletjies is te koop. Boonop is daar ʼn verskeidenheid musikante om na te luister terwyl die kinders lekker kan speel.
Kaartjies kos R150 per persoon en sluit ʼn wynglas en ʼn wynproesessie in. Kaartjies word beperk, daarom word feesgangers aangemoedig om betyds kaartjies aan te koop by iTickets of besoek Fijnwijn se webwerf vir meer inligting.
WEN: Drie gelukkige lesers kan elk ʼn stel dubbelkaartjies wen na Fijnwijn innie lente- wyn-en-kosfees in Pretoria op Maandag 25 September. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected]. Vraag: Deur watter onderneming word die fees aangebied? Die kompetisie sluit Donderdag 21 September. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.
Finjwijn..lekker plek lekke mense…voel soos oestyd..