Wen kaartjies vir buitelugskou in hartjie van Pta

Die immergewilde André de Villiers (Mnr. 4×4), aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET, maak ʼn draai om almal te ontmoet. (Foto: Verskaf)

Die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show is om die draai en keer vanjaar terug na die Voortrekkermonument in die hartjie van Pretoria.

Avontuurlustiges kan tussen 2 en 4 September hier byeenkom vir talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens en 4×4-produkte op die mark beskikbaar het.

Uitstallers sluit onder meer Tiger Wheel & Tyre, Conqueror, Pretoria Caravans, Wildog SA, 4×4 Megaworld, Sensation Boats & Caravans, Big John Clothing en Opposite Lock in en alle uitstallings word ook aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word.

Met ʼn wye verskeidenheid van heerlike feeskosverskaffers sal daar beslis iets vir almal wees om aan te smul, terwyl ekspogangers se dors by onder meer die Ketelkraal-kroeg of Van Loveren-wyntuin geles kan word.

Die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show is om die draai. (Foto: Verskaf)

Die immergewilde André de Villiers (Mnr. 4×4), aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET, maak ʼn draai om almal te ontmoet en sy ervarings te deel soos net hy kan.

Potjiekosfundi’s kan dinge ook uitspook by die GT Camper-potjiekoskompetisie wat Saterdag vanaf 12:00 aangebied word.

Die vroue en meer kunssinniges kan uitsien na kykNET se kuns- en snuffelmark en die kleingoed kan van hul energie ontslae raak by ʼn heerlike speelpark.

Van die land se immergewilde Afrikaanse kunstenaars, onder wie Nicholis Louw, Arno Jordaan, Muller Brandt, Charné Grabie, Pieter Smith, Tian Nienaber, Skemer en Liza Brönner, sal ook sorg vir heerlike vermaak by die Hankook-verhoog.

Die beste buitelewe-uitstallers sal by dié ekspo te sien wees. (Foto: Verskaf)

Diegene wat nie die Voortrekkermonument se groot terrein en trappe te voet wil trotseer nie, kan gebruik maak van Jeep Centurion se gerieflike gratis pendeldiens.

Dagbesoekerskaartjies is aanlyn deur Ticketpro of by www.4x4outdoorshow.co.za beskikbaar en kan ook by die hekke tydens die geleentheid gekoop word. Klik hier vir meer inligting oor kaartjiepryse.

Uitstallers kan navrae aan [email protected] rig.

Wen!

Twee gelukkige lesers kan elk ʼn stel kaartjies vir die Tiger Wheel & Tyre SA 4×4 and Outdoor Show wen. Elke stel bestaan uit twee kaartjies vir volwassenes en twee kaartjies vir kinders.

Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Donderdag 25 Augustus 2022 om middernag. Die wenners sal Vrydag 26 Augustus 2022 aangekondig word.

Bepalings en voorwaardes

  • ʼn Wenner sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Sodra die wenner gereageer het, sal die persoon se naam op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.